Jean-Paul Marat | |
Jean-Paul Marat deur Joseph Boze, 1793 | |
Adjunk van die Nasionale Konvensie
| |
Ampstermyn 20 September 1792 – 24 April 1793 | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | Boudry, Prinsdom van y of Neuchâtel, Pruise (nou deel van Switserland) | 24 Mei 1743
Sterf | 13 Julie 1793 (op 50) Parys, Frankryk |
Politieke party | Jakobynse Klub (1789–1790) Cordeliers klub (1790–1793) |
Kiesafdeling | Seine, Parys |
Ouers | Jean Mara Louise Cabrol |
Eggenoot/-note | Simone Evrard |
Alma mater | Universiteit van St. Andrews, MD |
Handtekening |
Jean-Paul Marat (24 Mei 1743 - 13 Julie 1793) was 'n Franse politieke teoretikus, geneesheer en wetenskaplike.[1]Hy was 'n joernalis en politikus tydens die Franse rewolusie en 'n kragdadige verdediger van die sans-culottes en is beskou as 'n radikale stem. Hy het sy menings in pamflette, plakkate en koerante gepubliseer. Sy tydskrif L'Ami du peuple (Afrikaans: Vriend van die volk) het hom nie-amptelik verbind met die radikale Jakobynse groep wat na Junie 1793 aan bewind gekom het.
Sy joernalistieke werk was bekend om die heftige toon daarvan, die voorstaan van basiese menseregte vir die armste lede van die samelewing en 'n kompromislose houding teenoor die nuwe leiers en instellings van die rewolusie. Die massamoorde van September word aan hom toegeskryf, maar die kollektiewe mentaliteit wat dit moontlik gemaak het, was die gevolg van omstandighede en het nie plaasgevind vanweë die bedoeling van enige spesifieke individu nie.[2] Marat is om die lewe gebring deur Charlotte Corday, 'n Girdonistiese simpatiseerder, terwyl Marat 'n medisinale bad geneem het vir sy verswakkende veltoestand. Corday is vier dae later op 17 Julie 1793 tereggestel vir die sluipmoord.
Marat het na sy dood 'n ikoon van die Jakobyne geword, en is gehuldig as 'n rewolusionêr martelaar. Hy word uitgebeeld in Jacques-Louis David se beroemde skildery, "Die Dood van Marat".
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search